| 9806.29 |
|
|
|
9806.31 |
|
Web: 9806.30
Date: Wed, 17 Jun 1998 11:06:10 +0200
Webblad SAGUSDie Sentrum vir Afrikaanse Gebruikskunde aan die Universiteit van Stellenbosch (SAGUS) is binne die departement Afrikaans en Nederlands gesitueer en is gerig op navorsing en opleiding in taal en kommunikasie. Die Sentrum is in 1996 gestig en staan onder die direkteurskap van prof. Leon de Stadler. Die Sentrum het 'n beleidsdokument opgestel wat al die werksaamhede en doelstellings van SAGUS uiteen sit. Voornemende medewerkers en ander belangstellendes is welkom om ons te skakel. Die dokument is beskikbaar in harde kopie asook op die Internet. SAGUS het sy eie webblad en die adres is:Besoek ons gerus by hierdie adres vir 'n omvattende beeld van al ons werksaamhede. Besonderhede oor die kontakpersone, prof. Leon de Stadler, direkteur, mev. Gerda de Wet, sentrumbestuurder en dr. Amanda Lourens, kursusbestuurder is, is ook op ons webblad beskikbaar.
Gerda de Wet
|